
Die Alta Sjiek Charity winkel is het op 01 Februarie 2019 sy deure oopgemaak. Aanvanklik was dit ‘n ekstra vorm van fondsinsameling vir- en bewusmaking van die Sentrum. Toe Covid-19 ‘n realiteit word en alle fondsinsamelingsprojekte gestaak is, en nog steeds is, het die winkel hoofsaaklik ons enigste bron van fondsinsameling geword. Die winkel speel in vier opsigte ‘n baie belangrike rol:
- Ons genereer fondse om die finansiële druk wat die afslaggevalle teweeg bring, te verlig
- Dit is ‘n baken van hoop en bied verligting vir mense wat erg benadeel is deur die pandemie, maar wat nog steeds op ‘n waardige manier hul inkopies wil geniet, want onsbied aan kopers ‘n goed toegeruste, skoon en netjiese winkel met ‘n groot verskeidenheid, kwaliteit klerasie en huisware teen baie goeie pryse.
- Ons eie kliënte se gemeenskapslewe is uitgebrei, deurdat hulle nou toegang tot ‘n winkel op die perseel het om vir hulself of mekaar geskenkies te kom koop.
- Ons eie personeel maak deeglik gebruik van die geleentheid om kwaliteit items teen goeie pryse te bekom.
Die winkel is onlangs vergroot en afgesien van mans-, dames- en kinderklere, skoene, kombuisware, sporttoerusting, prente en skilderye, beddegoed, gordyne en speelgoed, is ons ook in de proses om ‘n afdeling vir wol, naaldwerkbenodighede en‘arts & crafts’ in te rig.
Ons het voortdurend ‘n behoefte aan goeie tweedehandse items vir die winkel.
Ons winkel is elke Woensdag - Vrydag van 11:00-14:00 oop - Kom maak gerus 'n draai!
